Wilhelm Lichtenburg & Amira Willighagen sing THE PRAYER

Die bekroonde klassieke sanger en kardiotorokale chirurg, Dr. Wilhelm Lichtenberg, is ’n ambisieuse en veelsydige sanger wat nie bang is om “ongewone projekte’’ saam met internasionale kunstenaars aan te pak nie.

Hy het, met sy jongste enkelsnit, THE PRAYER, sy stem by die van die Hollandse sopraan en Holland’s Got Talent-wenner Amira Willighagen gevoeg en die resultaat is ’n bekende duet wat uniek verpak is om by die Suid-Afrikaanse mark byval te vind.

Celine Dion en Andrea Bocelli het die snit oorspronlik in 1999 opgeneem en sedertdien is die liedjie ook deur verskeie ander bekende sangers, onder andere Josh Groban en Charlotte Church, opgeneem.

 

Click here to read the full article.